NAIROBI, KENIA - 'n Span navorsers het Sondag uit Nairobi in Kenia op twee elektriese motorfietse vertrek op 'n reis van 6 000 kilometer.
Hulle eindbestemming is Stellenbosch en hulle word op hulle rit deur twee ondersteuningsvoertuie vergesel.
Dit vorm deel van 'n gesamentlike projek tussen ingenieurs by die Universiteit Stellenbosch en 'n Keniaans-gebaseerde ontwerper van elektriese voertuie, Roam.