DStv Channel 403 Thursday, 12 September 2024

Oorbevolking in Suid-Afrika se tronke ‘n “veiligheidsrisiko”

KAAPSTAD - Die land se tronke het 'n oorbevolkingsyfer van meer as 40%.

Die adjunkminister van Korrektiewe Dienste, Lindiwe Ntshalintshali, het aan die Parlement se portefeuljekomitee gesê dat dié probleem sekuriteit by talle fasiliteite beïnvloed het.

Daar was ook 'n toename in die aantal buitelandse burgers in Suid-Afrikaanse tronke.

Meer as 11 500 buitelanders word tans hier aangehou.

Paid Content