DStv Channel 403 Thursday, 26 December 2024

Ontmoet Pragtig, die land se mooiste miskruier

HARTBEESPOORT - 'n Miskruier genaamd "Pragtig" is een van twee nuwe spesies wat onlangs deur 'n Suid-Afrikaanse entomoloog ontdek is.

In die meer as twee dekades wat hy al miskruiers bestudeer, het Christian Deschodt reeds meer as 50 nuwe miskruierspesies benoem.

Die hathoronthophagus spinosa en onthophagus pragtig is spesies wat nié op dieremis staatmaak nie. 

Deschodt se jongste bevindinge is in die wetenskaplike joernaal Zootaxa gepubliseer.

Paid Content