"Ons kan as't ware op die maan gaan land"
Johannesburg, Gauteng - Die sterre in die Wits-planetarium in Johannesburg skitter weer.
Die planetarium op die Universiteit van die Witwatersrand se kampus spog nou met 'n digitale koepel.
Die geriewe is in 2022 gesluit vir opknappingswerk, wat onder meer digitalisering behels het.
Die nuwe digitale koepel is die grootste een in die suidelike halfrond.