DStv Channel 403 Saturday, 28 September 2024

Onmin oor AmaZulu-koning se nuwe paleis

BALITO - Politieke onmin is aan die broei onder koalisieregeringsvennote in KwaZulu-Natal. 

Dit oor die finansiering van ’n nuwe paleis vir die AmaZulu-koning, Misuzulu kaZwelithini.

Die nuwe regering van provinsiale eenheid, bestaande uit die IVP, ANC, DA en NFP is nog net enkele maande aan die stuur van die provinsie. 

Terwyl die IVP, ANC en NFP ten gunste is van die bou van die nuwe koninklike woning, is die DA bekommerd oor die tydsberekening en veral die koste van die projek.

Paid Content