5 Oktober was Wêreldonderwysersdag, 'n dag waarop diegene wat leerlinge se toekoms help vorm, gevier word.
'n Kenner in skoolmaatskaplike werk sê egter dis kommerwekkend hoeveel leerkragte in Suid-Afrika die beroep verlaat omdat hulle oorwerk, uitgebrand, ongewaardeer en onderbetaal is.
Sy meen skole kan nie meer funksioneer sonder voltydse maatskaplike werkers wat onderwysers ondersteun nie.