Onderhoud: Onwettige mynaktiwiteite besorg hoofbrekens vir talle
Die meer as 'n duisend onwettige mynwerkers, ook bekend as zama-zamas, wat die afgelope paar weke uit mynskagte by Stilfontein in Noordwes gelok is, besorg hoofbrekens aan verskeie instellings.
Bidvest Protea Coin is die veiligheidsmaatskappy wat verantwoordelik is vir die beveiliging van die myn.
Ons het regstreeks met die maatskappy se bedryfsbestuurder, Waal de Waal, gepraat.