Onderhoud: Die ekonoom Lullu Krugel trap die mediumtermyn-begroting deur
Minister Enoch Godongwana se mediumtermyn-begrotingsraamwerk het ’n effense demper geplaas op die afgelope paar maande se optimisme.
Dié positiewe sentimente was veral danksy Suid-Afrika se nuwe regering van nasionale eenheid en sewe maande sonder beurtkrag.
Ten spyte van dié faktore lyk die ekonomiese vooruitsigte volgens die minister nie baie rooskleurig nie.