De Villiers sê die US se universiteitsbestuur moes ingryp toe bewyse van geheime inisiasiepraktyke in 2024 in twee vertrekke in die Wilgenhof-manskoshuis gevind is.
'n Ondersoekpaneel het aanbeveel dat die koshuis permanent gesluit moet word.
Maar na kritiek van Wilgenhof-inwoners, -alumni en ander belanghebbendes, asook groot omstredenheid oor die ondersoekverslag, is daar besluit dat opknappingswerk vanjaar daar gedoen sal voordat dit in 2026 heropen.