Onderhoud, deel 2: Prof. Wim de Villiers

Een van die laagtepunte tydens De Villiers se termyn as rektor en visekanselier was die voorval in 2022 toe 'n wit student op die besittings van 'n swart student urineer het in die Huis Marais-manskoshuis.

Dit het gelei tot 'n ondersoek deur afgetrede regter Sisi Khampepe na beweerde rassisme by die Universiteit Stellenbosch.

Khampepe was uit verskeie oorde in die spervuur oor sommige van haar bevindings, omdat kritici aangevoer het dat sy Afrikaans op die kampus met rassisme gelykgestel het.

Maar De Villiers meen dit was noodsaaklik dat so 'n ondersoek gedoen moes word.

You May Also Like