Die uittredende rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, prof. Wim de Villiers, sê dis 'n veeltalige instelling waar daar beslis nog plek vir Afrikaans is.
De Villiers, wat op 31 Maart aftree, het oor die afgelope dekade gereeld onder heftige kritiek deurgeloop oor die universiteit se taalbeleid en die status van Afrikaans by Maties.
Maar hy stem nie saam met die persepsie dat Afrikaans by die universiteit tydens sy termyn getaan het nie.