DStv Channel 403 Saturday, 21 September 2024

Omstredenheid rondom ontwikkeling in Bonteheuwel

BONTEHEUWEL - Sommige inwoners van Bonteheuwel dreig om 'n interdik te probeer bekom teen die Stad Kaapstad se afdeling vir menslike nedersettings.

Hulle wil die stad verbied om voort te gaan met 'n behuisingsontwikkelingsprojek.

Verskeie eiendomme in die gebied is oorstroom deur water, wat volgens hulle die gevolg is van die ontwikkeling.

Maar die munisipaliteit sê ingenieurs het die ontwikkeling nagevors en goedgekeur.

Paid Content