Kykers van die sepie Suidooster is warm onder die kraag oor die pastoor, Orpa Blignault, wat haar pad deur die gemeenskap lieg en bedrieg.
Die afgelope paar weke knoei dié karakter, wat deur Marisa Drummond vertolk word, lustig onder die dekmantel van godsdiens.
Verskeie kykers het die storielyn skerp gekritiseer en sommige het selfs die uitsaai-owerheid genader.
Hulle sê die storielyn maak 'n bespotting van die Christen-geloof en is selfs godslasterlik.
kykNET sê wanneer storielyne debat uitlok, beteken dit ongemaklike temas word aangeraak, maar dit word nooit gedoen om kykers doelbewus te ontstel nie.