DStv Channel 403 Monday, 23 September 2024

Nuwe NGK-assessor: "Evangelie moet grondvat in wêreld wat anders lyk"

PRETORIA - Die nuwe assessor van die NG Kerk hoop die narratief rondom die kerk sal in die nabye toekoms verander.

Ds. Maartje van der Westhuizen sê mense moet raaksien dat die kerk diep besig is om te dink hoe hulle meer mense kan bereik.

Sy is op 39-jarige ouderdom die jongste assessor wat nóg deur die vergadering van die algemene sinode aangewys is.

Eugenie Gregan het by haar gemeente in Elarduspark in Pretoria met Van der Westhuizen gesels.

Paid Content