OUDTSHOORN, WES-KAAP - 'n Produksie wat vanjaar by die KKNK vir die eerste keer op die verhoog te sien is, het reeds feesgangers én kritici gaande.
Kaartjies word opgeraap vir die musiekblyspel "Ver innie wêreld Kittie" wat deur David Kramer geskryf is.
Hiermee vertel Kramer die storie agter die herkoms van welbekende Afrikaanse liedjies.