CALVINIA
CALVINIA - Die Hantam-munisipaliteit het inwoners van Calvinia gerusgestel dat hul water veilig is om te drink.
Dit nadat Noord-Kaapse owerhede die belangrikheid daarvan beklemtoon het dat munisipaliteite watergehalte monitor.
Luidens die departement van water en sanitasie se Bloudruppel-verslag het die Noord-Kaap die hoogste persentasie waterstelsels wat in 'n swak of selfs kritieke toestand is.