KAAPSTAD - Natuurbewaarders waarsku dat die stroop van boombas in die Tafelberg Nasionale Park 'n omvangryke impak op die ekostelsel het.
Die park huisves duisende boom- en plantspesies wat slegs daar aangetref word.
Sanparke sê dis veral inheemse boomspesies wat geteiken word.