KAAPSTAD - Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap het satellietbeelde gepubliseer wat die skade van die onlangse brande in die Wolseley-omgewing in die Wes-Kaap toon.
Meer as 24 000 hektaar grond en plantegroei is verskroei, en meer as veertig strukture is vernietig.
Die brande het meer as 'n week lank gewoed.