Minister van Sport stel komitee bekend: “Formule Een moet terugkom SA toe”
Midrand, Gauteng - Suid-Afrika gaan amptelik probeer om teen 2027 weer 'n Formule Een-gasheer te wees.
Die minister van Sport, Gayton McKenzie, het 'n komitee bekendgestel wat 'n voorlegging sal voorberei vir motorsport se wêreldbeheerliggaam.
Dit volg kort nadat die president van Rwanda, Paul Kagame, aangekondig het dat dié land ook 'n bod gaan indien vir Formule Een se terugkeer na Afrika.
Die laaste Grand Prix op die vasteland is in 1993 by die Kyalami-renbaan aangebied.