Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê sy glo nie die verskille oor die Bela-wet is onoorkombaar nie.
Gwarube het by die Bela-beraad gesê die outonomie van beheerliggame oor taal- en toelatingsbeleide was nog altyd die hoeksteen van onderwys in Suid-Afrika.