DStv Channel 403 Sunday, 22 September 2024

Militêre veterane in die Wes-Kaap wag reeds jare op beloofde huise

Militêre veterane in die Wes-Kaap wag reeds jare op beloofde huise

'n Groep militêre veterane in die Paarl in die Wes-Kaap sê hulle is moeg gewag vir die voltooiing van 'n behuisingsprojek, waarvan hulle die begunstigdes is.

Sommige van hulle beweer dat hulle al meer as ses jaar wag vir hulle beloofde huise.

Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur sê ‘n tender vir die projek is geadverteer en ‘n kontrakteur sal na verwagting in Desember aangestel word.

Paid Content