DStv Channel 403 Monday, 23 September 2024

Meesterskantoor “laat kwesbare mense in die steek”

PRETORIA - Regslui is raadop oor die probleme by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof.

Lang wagtye en trae personeel is 'n gereelde verskynsel by die meeste provinsies se meesterskantore.

Die Regsgenootskap van Suid-Afrika het verlede week aan die parlementêre portefeuljekomitee oor Justisie gesê daar is geen dringendheid of verantwoordbaarheid by dié kantore te bespeur nie.

Paid Content