DStv Channel 403 Thursday, 03 October 2024

Mediumtermynbegroting: “Beurtkrag ‘n ramp, e-tol nou Gauteng se probleem”

KAAPSTAD, WES-KAAP - Die staat gaan 'n deel van Eskom se skuld oorneem.

Dít was een van die groot aankondigings toe die minister van finansies, Enoch Godongwana, sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk aan die parlement voorgelê het.

Die minister het gesê die regering gaan tussen een en twee derdes van Eskom se skuld van sowat R400 miljard oorneem.

Daar was egter geen finale aankondiging oor die toekoms van Gauteng se omstrede e-tol-stelsel in sy toespraak nie.

Paid Content