DStv Channel 403 Saturday, 12 October 2024

Massa-optog teen Bela-wet beplan

CENTURION - Die Solidariteit-beweging en ander beplan om op 5 November na die Uniegebou in Pretoria op te ruk uit protes teen die Bela-wet.

Verskeie organisasies het Donderdag 'n resolusie by die beweging se Bela-beraad onderteken.

Die wet gee staatsamptenare, pleks van beheerliggame, die finale sê oor skole se taal- en toelatingsbeleid.

Die artikels oor dié beleide is eers op ys geplaas vir verdere bespreking.

Paid Content