Mandeladag word elke jaar op 18 Julie gevier en met byna 'n dekade wat reeds verloop het sedert Madiba se dood, is daar al hoe meer jong Suid-Afrikaners wat dié oudstaatsman nie geken het nie.
'n Paar bekendes het aan eNuus gesê daarom is dit juis soveel méér belangrik dat sy nalatenskap nie verlore moet gaan nie.