Malwandla klop brosbeensiekte met vier onderskeidings
Ten spyte van chroniese pyn tydens haar skoolloopbaan, is 'n matrikulant van die Nuwe Hoop-skool in Pretoria as een van die top 39 presteerders in die land aangewys.
Malwandla Baloyi leef met 'n genetiese afwyking bekend as brosbeensiekte, wat veroorsaak dat pasiënte se bene verswak en maklik breek.
Al moes Baloyi soms skooldae misloop, spog sy met vier onderskeidings en 'n gemiddeld van 77%.