MBOMBELA, MPUMALANGA - Die geliefde karakter Magda Louw het vanjaar teruggekeer na haar oorspronklike tuiste.
Die akteur Desiré Gardner het dié karakter reeds as 'n 17-jarige opgetower en by vrouetees en skoolkonserte opgevoer.
Jare later het kykers Magda in 'n storiefilm en komediereeks op kykNET leer ken.
Nou is sy terug op die verhoog en tans in 'n eenvrouvertoning by die Innibos-kunstefees te sien.