DStv Channel 403 Wednesday, 15 January 2025

Ma se toutrek(ker)-tog na Kaap vorder fluks

'n Ma wat die langpad in 'n trekker aangedurf het, vorder fluks met haar tog na die Wes-Kaap.

Teen 25 kilometer per uur het Corné Els in Williston in die Noord-Kaap aangekom nadat sy 'n week gelede uit Gauteng vertrek het.

eNuus het toe berig oor dié reis waarmee Els probeer geld insamel om haar dogter se toutrek-droom te bewaarheid.

Die 16-jarige Marconette Els is gekies vir die nasionale toutrekspan wat einde Augustus 2023 by die wêreldkampioenskap in Switserland meeding.

Paid Content