Lyk by moordverdagte se vorige huurhuis gevind
HEIDELBERG, GAUTENG - Menslike oorskot is by die vorige huurhuis van 'n moordbeskuldigde van Heidelberg in Gauteng opgegrawe.
Dit het gewemel van polisielede by die huis wat voorheen deur Jaén-Lee Pyne gehuur is.
Hy word van moord en poging tot moord aangekla ná 'n skietery helder oordag in Julie vanjaar.
Ettiene du Preez is doodgeskiet en Flip Minnaar is gewond.
Pyne is verlede week op borgtog vrygelaat ná 'n suksesvolle appèlaansoek.