DStv Channel 403 Thursday, 26 December 2024

Louis Liebenberg kla: "My menseregte word in aanhouding geskend"

BRONKHORSTSPRUIT - Louis Liebenberg beweer dat hy in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria geteiken word.

Die vermeende swendelaar en sy vrou, Dezzi, het weer saam met sewe ander beskuldigdes in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn.

Hulle is vroeër die maand in hegtenis geneem in verband met Liebenberg se diamantskema waarmee beleggers glo uit meer as R4-miljard geswendel is.

Vier van die beskuldigdes se borgtogaansoeke is Donderdag aangehoor.

Hul regsverteenwoordigers mag ingevolge 'n hofbevel nie geïdentifiseer word nie.

Paid Content