GERMISTON - Honderde inwoners van die Ekurhuleni-metro is woedend omdat hulle al dae lank sonder water sit.
Hulle beweer die munisipaliteit het nie genoeg watertenkwaens ontplooi om voorsiening te maak vir die impak van Rand Water se instandhoudingswerk nie.
Die inwoners pak die skuld hiervoor op wat hulle bestempel as die metro se swak kommunikasie en gebrekkige beplanning.