DStv Channel 403 Thursday, 03 October 2024

Kragkrisis: “Ligte tydens winter moontlik 16 uit 32 uur af”

Eskom waarsku dat Suid-Afrikaners hulself moet staal vir die moontlikheid dat fase agt beurtkrag tydens die winter ingestel kan word.

Die tussentydse uitvoerende hoof, Calib Cassim, sê daar sal toenemend op oopsiklus-gasturbines staatgemaak moet word omdat die aanvraag na elektrisiteit sal toeneem.

Eskom het ook vir Suid-Afrikaners om verskoning gevra vir die negatiewe impak wat beurtkrag op die ekonomie en die daaglikse bestaan van alle Suid-Afrikaners het, maar sê dit word geïimplimenteer om 'n algehele ineenstorting van die kragnetwerk te vermy.

Paid Content