DStv Channel 403 Tuesday, 01 October 2024

Koeksisters by dosyne om haar veearts-droom te bewaarheid

SASOLBURG - Danksy Suid-Afrikaners se soettand is die land eersdaags 'n broodnodige veearts ryker.

Klarissa van Zijl, 'n derdejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria se Onderstepoort-kampus, het haar studentevakansie in die kombuis deurgebring.

Dít nadat sy gehoor het haar studiebefondsing het nie ten volle vir haar vorige studiejaar betaal nie.

Om die nodige R12 000 by te bring, was haar plan om te bak en te brou.

Paid Content