PRETORIA, GAUTENG - Hope liefde, geduld en klasse vol pret en plesier is 'n graad R-juffrou van Pretoria se geheim om haar leerlinge vir hul skoolloopbane voor te berei.
Danksy dié benadering is Britte Claassen van Skuilkrosies vanjaar die eerste wenner in die kleuterskool-afdeling van Solidariteit se Onderwyser van die Jaar-kompetisie.
Colette Rossouw van die Voorbereidingskool George en Hannalie van der Merwe van die Hoërskool Strand is onderskeidelik as die beste laerskool- en hoërskool-onderwyser van die jaar aangewys.