VISSERY
PAATERNOSTER - Gemeenskappe aan die weskus wil hê 'n taakspan moet saamgestel word om hul griewe oor visvangregte op te los.
Die departement van bosbou, visserye en die omgewing het verlede maand 15-jaarregte aan kleinskaalse visserye in die Wes-Kaap toegeken.
Minister Barbara Creecy het nou haar departement se adviserende forum aangesê om haar in te lig oor verdere moontlike ondersteuning aan die kleinskaalse visvangbedryf.