OUDTSHOORN, WES-KAAP - Leerlinge van plattelandse gemeenskappe in die Wes-Kaap kry vanjaar die geleentheid om die kunste in lewende lywe te ervaar.
Dit danksy die KKNK se Jeugkunstefees wat in samewerking met die Wes-Kaapse onderwysdepartement aangebied word.
As deel van die fees-binne-die-fees is 'n reeks aanlyn video's vandag bekendgestel.
Dit is deur professionele kunstenaars opgeneem om as hulpmiddels in die klaskamer gebruik te word.