OOS-KAAP - Die dodetal in die Oos-Kaapse kitsvloede het tot minstens tien gestyg.
Agt mense is in die Nelson Mandelabaai-metro dood, en twee in die Buffalo City-metro.
Verskeie ministers en die Oos-Kaapse premier het Nelson Mandelabaai besoek waar 2 000 mense hul wonings moes ontruim.