DStv Channel 403 Friday, 20 December 2024

Kinders van die Kaapse Vlakte rig ‘n pleidooi vir Kersfees

KAAPSTAD - Terwyl leerlinge vanoor die land die einde van die skooljaar vier, het die kinders van die Kaapse Vlakte 'n pleidooi aan die president gerig vir 'n veiliger omgewing waar hulle kan speel.

Volgens berigte is 96 minderjariges tussen Julie en September vanjaar op die Vlakte vermoor.

Skietgevegte tussen bendes lei tot meeste van dié sterftes.

Die organisasies Cape Flats Safety Forum, Gun Free South Africa en die Vermiste Persone-eenheid, wil hê regulasies moet dit moeiliker maak om wapens te bekom.

Paid Content