BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT - Uitspraak is voorbehou in AfriForum se appèlaansoek oor die struggle-lied Kill The Boer.
Die organisasie het die appèlhof genader nadat die gelykheidshof in 2022 bevind het die EFF se sing van die lied kom nié op haatspraak neer nie.