DStv Channel 403 Monday, 23 September 2024

Khoi- en San-groepe ontevrede oor grondhervormingsgesprekke

KAAPSTAD - 'n Vergadering in Kaapstad oor die aanspraak van Suid-Afrika se inheemse bevolking op grond het in chaos ontaard.

Die geleentheid is ontwrig deur verteenwoordigers van sekere Khoi- en San-stamme wat nie soontoe genooi is nie.

Hulle is ontevrede met die optrede van die organisasie wat die vergadering gereël het.

Die ontevredenes beweer die Institute for the Restoration of the Aborigines of South Africa misbruik hulle slegs vir navorsing en sluit hulle dan uit.

Paid Content