Kenner oor die Bela-wet: “Ek glo dis nodig”
Die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette, alombekend as Bela, is een van die eerste groot toetse vir die regering van nasionale eenheid, omdat soveel uiteenlopende ideologieë en faksies elkeen hul pond vleis eis.
Na al die politieke toutrekkery, ooreenkomste en beraadslaging, het die president in Desember geproklameer dat die volle wet in werking gestel word.
eNuus het met Michael le Cordeur, emeritus-professor in opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch, hieroor ‘n onderhoud gevoer.