Kaapstad se ikoniese Kaapse Klopse skud hulle vere reg vir die Tweede Nuwejaarsparade, wat Saterdag gehou gaan word.
Talle Kaapse Maleierkore en Klopse-verenigings gaan Kapenaars met musiek en danspassies trakteer.
Meer as 'n 100 000 toeskouers sal na verwagting op die Kaapse middestad toesak.
Ons verslaggewer Kevin Brandt het gaan inloer om te sien hoe van die Klopse hulle kostuums gereed kry, en hulle snare begin instem vir die ghoema-musiek waarvoor hulle bekend is.