JOHANNESBURG - 'n Storm het vroeër vanjaar oor jeug- en kinderboeke losgebars nadat akademici onderskeidelik hedendaagse jeugliteratuur gekritiseer het, en genderstereotipering in 'n nostalgiese boekreeks uitgewys het.
Die letterkundige Hennie van Coller het in 'n rubriek geskryf politieke korrektheid word al hoe meer in jeugboeke bespeur en dat randfigure die norm raak.
In 'n navorsingsartikel het die opvoedkundige Corene de Wet uitgewys dat die patriargie in die Trompie-reeks geïdealiseer word.
Die onderwerp is Donderdag tydens Aardklop se gesprekreeks in Johannesburg bespreek.