DStv Channel 403 Saturday, 21 September 2024

Jagluiperdprojek floreer plaaslik; Indië “leer harde lesse”

HAMMANSKRAAL - Twee jagluiperds van die Dinokeng-wildreservaat buite Pretoria gaan binnekort nuwe horisonne verken.

Die jagluiperdwyfies gaan onderskeidelik in die Nuutbegin-reservaat in Noordwes en die Marakele- nasionale park in Limpopo hervestig word.

Die verskuiwing is deel van The Metapopulation Initiative se projek om dié spesie se metabevolking geneties te versterk en wilde jagluiperds se verspreidingsgebied weer te vergroot.

Paid Content