DStv Channel 403 Friday, 18 October 2024

Inwoners van Keimond in die Oos-Kaap spring self in om misdaad te pak

Inwoners van Keimond in die Oos-Kaap spring self in om misdaad te pak

KEIMOND, OOS-KAAP - Inwoners van die Oos-Kaap sê hulle is baie bekommerd oor die skerp styging in ontvoerings en ander georganiseerde misdaad in die provinsie.

Sake-eienaars en toerismebestemmings sê dit raak nie net hulle persoonlike veiligheid nie, maar kan ook die ekonomie 'n reuseknou toedien. 

Die gemeenskap van Keimond, aan die Wildekus, het self ingespring om te verseker dat inwoners van en besoekers aan dié gewilde vakansiedorp veilig bly. 

Paid Content