JOHANNESBURG - Oktober is Downsindroom-maand, en Downsindroom Suid-Afrika en Barbie werk saam aan ‘n pop met kenmerke van dié sindroom.
Hulle hoop om só ‘n wesenlike bydrae te lewer tot insluiting en verteenwoordiging in die speelgoedbedryf.
Dié poppe bied aan kinders met gestremdhede die kans om hulself in hul speelgoed te kan eien, wat weer hul selfbeeld ‘n hupstoot gee.