Hoewel Suid-Afrika nog nie amptelik in 'n resessie is nie, kan die toenemende druk op die verbruiker se beursie nie misken word nie.
Inflasie, en veral voedselinflasie, het die hoogte ingeskiet.
Die amptelike definisie van 'n resessie is wanneer daar twee agtereenvolgende kwartale is waarin die ekonomie inkrimp.