DStv Channel 403 Tuesday, 24 September 2024

Hulde aan "stil en nederige" Bokheld

Die sportgemeenskap het Maandag hulde gebring aan nóg 'n lid van die seëvierende Springbokspan van 1995 wat gesterf het.

Die 58-jarige Hannes Strydom is Sondagaand in 'n motorongeluk op die N4-snelweg buite Emalahleni in Mpumalanga dood.

Die botsing tussen sy motor en 'n minibus-taxi het omstreeks 9-uur gebeur.

Nog 'n persoon is dood en vier ander ernstig beseer.

Strydom was onlangs in die nuus toe die aktualiteitsprogram Carte Blanche berig het oor beweerde ongerymdhede met die verkoop van kodeïenhoesstroop by sy apteke.

Hy het die bewerings teen hom ontken.

Paid Content