NAMAKWALAND – September is Toerismemaand, en blommetyd in Namakwaland.
Toerisme-owerhede in die Noord-Kaap sê hulle is tevrede met die vordering wat hulle maak om dié bedryf weer op dreef te kry.
Dit nadat die Covid-19-pandemie en die inperking veroorsaak het dat die provinsiale toerismebedryf in 2020 ’n verlies van R50-miljoen gely het.