HERMANUS, WES-KAAP - Die Overberg-distriksmunisipaliteit sê hulle werk dag en nag om die watertoevoer in dele van Hermanus te herstel.
Dié bekende Wes-Kaapse kusdorp sou die naweek die jaarlikse Walvisfees aanbied, maar dit moes gekanselleer word weens skade aan infrastruktuur wat deur swaar reën en sterk wind veroorsaak is.
eNuus se Kevin Brandt het Hermanus besoek.